Select your language

Kasteel

Kasteel 04
Hierdie plaas het sy naam gekry van die unieke Kasteel wat op die plaas gebou is. Die oorspronklike eienaar van die plaas, Jan Hugo, was ‘n avontuurlustige man wat die wêreld platgetoer het. Hy het 'n passie gehad vir kastele.

Jan Hugo het ‘n Kasteel in Europa, Bavaria gesien waarvan hy die presiese replika op ‘n 30 pakkie Lexington geteken het. Met sy terugkeer na sy plaas, Van Aswegenfontein, het hy die kasteel gebou. Dit was gedoen slegs met die hulp van sy vrou en drie van sy plaaswerkers.

Hentie Wiese, Dries en Jan se pa, het in 1981 die plaas gekoop. Dries het 5 Julie 1991 op Kasteel begin boer en dit bewerk tot die suksesvolle boerdery waar dit vandag is.