Select your language

Kasteel Wit Dorpers

Kasteel Wit Dorper
Hierdie is tans die grootste aktiewe wit dorper stoet in Suid Afrika.

Dries was slegs sewe jaar oud toe sy pa, Hentie Wiese aan hom sy eerste wit dorper ooi gegee het. Dit was reeds in 1970 en die begin van vandag se suksesvolle Kasteel Wit Dorpers stoetery.

Hierdie stoetery het ongelooflik gegroei en in 2010 het Wiese Besigheids Trust al meer as 30 Suid Afrikaanse kampioenskappe gewen. Dries en sy stoet is in 2006 en 2010 gekroon as die mees suksesvolle stoet en teler (Kampioen Teler).

Die bekende Kasteel Wit Dorper ramveiling het al so vroeg as 1991 begin. Hierdie was ook die eerste wit dorper veiling in die land. In 2011 is die 20ste veiling suksesvol gehou met ’n registrasiesyfer van 70 boere.

In 1992 is Kasteel Wit Dorper embrio’s vir die eerste keer na Kanada uitgevoer. Die verkope daarvan het gevorder en kort daarna is nog embrio’s na Australië, Brazil en Switzerland uitgevoer. Vandag kan Wiese Business Trust met trots sê dat die afstammelinge van Kasteel Wit Dorpers in Mexiko, Amerika, New Zealand en China loop.