Select your language

Kasteel Dorpers

Biesiespoort Dorper
In 1987 het Jan Wiese die Biesiespoort Dorperstoet begin teel. Na baie harde werk kan Jan vandag met trots na sy stoet omsien.

Die eerste teelmateriaal het Jan by John Dell aangekoop. Jan het ook baie van sy Kasteel Dorpers by ander tot teelers aangekoop soos Tien Jordaan, Phillip Strauss en die Phillip broers. Baie van Biesiespoort se Dorpers word na Botswana, Swaziland, Mozambiek en Namibië uitgevoer.

Hierdie stoet is baie bekend vir hul aanpasbaarheid en vrugbaarheid en word selektief onder natuurlike toestande geteel. Die hoofdoel in die Karoo is om ’n kudde te teel wat gehard is vir die woestynagtige omgewing. Wiese Besigheids Trust se missie is om vir die koper te gee wat hy sien.

Hierdie ramme word op verskeie veilings dwarsoor Suid-Afrika verkoop. In 2009 het Kasteel Dorpers en Kasteel Wit Dorpers saam begin verkoop op Kasteel se jaarlikse produksieveiling.

Die leuse van die stoet is vrugbaarheid, gehardheid en reproduksie onder natuurlike Karoo-toestande. Hierdie stoet word vanaf 2010 deur Dries Wiese geadministreer.