Select your language

Boerbokke en Kalahari Reds

Hierdie baie suksesvolle boerbok stoet is in 1998 begin. Dries huur grond in Namibië waar hy met skaap, Boerbokke en beeste boer. Die besigheid was glad nie tevrede met die kwaliteit van die boerbokke nie. Daar is 13 stoetooie aangekoop met die doel om die kwaliteit te verbeter.

Hierdie 13 ooie is afkomstig van die bekende ram ’Noster’. Dries het besluit om een van sy Wit Dorper ramme (Leatherman) te ruil vir James, die produktiewe ram. Hierdie is steeds een van die beste besluite wat Dries tot dusver geneem het. Die rede hiervoor is omdat Wiese Besigheids Trust vandag steeds met die afstammelinge van James boer.

In 2006 was hierdie boerbokke vir die eerste keer op ’n veiling verkoop. Hierdie stoet het op hul eerste Nasionale Kampioenskappe twee van die beste pryse ontvang.

In 2004 is die eerste boerbokke op die jaarlikse produksieveiling aangebied. Die ramme en ooie wat op die 2010 produksieveiling aangebied is, was deel van 220% lam persentasie waarvan 190% lammers grootgemaak is.

Wiese Besigheids Trust boer ook met Kalahari Reds wat net ‘n kleur variasie is van die gewone boerbok. Dit is interessant om te weet dat die eerste Kalahari Reds deur die ram James gelewer is. Wiese Besigheids Trust boer meestal met hierdie ras in Namibië en die Boesmanland.

Boerbok

Kalahari Red