Select your language

Blinkhaar Ronderib Afrikaners

Blinkhaar Ronderib Afrikaners
Hierdie is 'n inheemse vetstert ras waarvan hul voorsate 'n baie geharde ras is. Hierdie is die oorspronklike diere wat Jan van Riebeeck in 1652 by Harry die Strandloper geruil het toe hy in Suid-Afrika aan wal gegaan het.

Die eerste kudde Ronderib Blinkhaar Afrikaner ramme is destyds aangekoop op 'n uitverkoping. Daar is baie moeite gedoen om ramme te kry wat aan die besigheid se hoë standaarde voldoen om die kudde te verbeter. Hierdie kudde se ramme is oorspronklik gebruik op die Klerefontein proefplaas om die Afrino ras te teel.

Die aanspraak tot roem van hierdie skape is: buiten die produksie van die hoeveelheid vet wat gebruik word vir die maak van wors in die jagseisoen, word hulle velle ook gebruik vir die maak van die baie bekende vel karosse.

Op hierdie stadium bestaan daar ook 'n geweldige vraag na Afrikaner koggel ramme. Interessante feit van hierdie ram is dat hierdie die enigste skaapras ter wêreld is wat wanneer die ram 'n ooi dek, hy 'n hormoon afskei wat die ooi laat super ovuleer.