Select your language

Wiese Business Trust

Tevrede kopers ons waarborg

Dries se huis
Ons visie is om hierdie besigheid op Goddelike beginsels te bedryf tot uitbouing van God se koningkryk. Ons missie is om 'n toekoms te skep vir ons kinders asook ons werknemers se kinders.

Wiese Besigheids Trust bedryf tans 9 verskillende Ramme nl. Kasteel Dorper, Wit-Dorper, Kasteel Merino's, Boerbokke, Kalahari Reds, Angora, Ronderib Afrikaner, Saalperde en Nguni bees. Asook 'n besproeiing afdeling waar lusern geproduseer word. Die Wiese Besigheids Trust het ook buitelandse Boerdery Vertakkings.

Vir hierdie besigheid is elke geleentheid 'n uitdaging, waarvan Karoo Bokmelk Produkte in hul kinderskoene staan.

Die grootste gedeelte van hierdie boerdery is die produksie van slaglammers. Marinos, witdorpers word hoofsaaklik vir hierdie spesifieke rede gebruik. Die stamme word in 'n beplande kruisteling program geteel. Een van die hoof mikpunte van Kasteel se boerdery strategie is om op diversifikasie te konsentreer.

Produksie geskied saam met natuur, want die rasse is goed aangepas en gehard vir die semi-woestyn en ektensiewe toestande van die Karoo.

Die Wiese Besigheids Trust is die gekombineerde naam van die twee aparte plase van die Wiese broers. Kasteel, word geboer deur die oudste broer Dries Wiese.